Maria Magdalena

Sint Maria Magdalena

Die berouvolle Magdalena (ca. 1598), deur Domenico Tintoretto
Apostel aan die apostels, suster van Martha en Lasarus
Vereer in Rooms-Katolieke Kerk, Oosters-Ortodokse Kerk, Oriëntale Ortodoksie, Anglikaanse Gemeenskap, Lutheranisme, Protestantisme, Baha’i-geloof
Feesdag 22 Julie
Attribute Weste: albasfles met salf
Ooste: houer met salf (as mirreboer), of hou 'n rooi eier (simbool van die opstanding); omhels die voete van Christus na die opstanding
Beskermheilige Aptekers, Arahal (Spanje), Atrani en Casamicciola Terme (Italië), kontemplatiewe lewe, bekering, handskoenmakers, haarsnyers, Kawit, Amadeo, Magdalena, Pililla (Filippyne), Dominikaanse Orde, parfuummakers, mense wat vir hul vroomheid bespot word, leerlooiers, berouvolle sondaars, vroue

Maria Magdalena of Maria van Magdala is volgens die Nuwe Testament en belangrike apokriewe evangelies 'n vroulike apostel van Jesus van Nasaret. Die vier evangeliste van die Nuwe Testament beskryf haar as die getuie en verkondiger van Jesus van Nasaret se opstanding, 'n verwysing na die onsterflikheid van sy spirituele boodskap. Vanweë haar sentrale rol in die Christendom is sy deur Middeleeuse Bybel-eksegete met die bynaam apostolorum apostola ("apostel van die apostels") vereer.[1] Sy is die enigste belangrike vrou in die Nuwe Testament wat in haar eie reg genoem word en nie net as eggenote of moeder van 'n belangrike manlike figuur nie. Sy is volgens sommige navorsers moontlik die skrywer van die Evangelie volgens Johannes.[2]

Volgens Gnostiese apokriewe tekste het Jesus haar as sy mees geliefde apostel beskou en haar as sy opvolger en vroulike leier van sy sendingwerk, die spirituele vernuwing van die Joodse religie, gekies. Die belangrike rol wat Maria Magdalena in die vroeë Christendom gespeel het, is tans die onderwerp van verskeie wetenskaplike debatte. Veral feministiese Amerikaanse teoloë het in die lig van die ontdekking van Christelik-Gnostiese tekste die rol wat vroue – en spesifiek Maria Magdalena – in Jesus van Nasaret se sendingwerk gespeel het, begin herdefinieer.

Volgens haar bynaam is Maria Magdalena waarskynlik 'n boorling van Magdala (tans Migdal) aan die Meer van Genesaret.

  1. Burstein, Dan (red.): Die Wahrheit über den Da-Vinci-Code. Das Sakrileg entschlüsselt. München: Wilhelm Goldmann Verlag 2004, bl. 108
  2. Langbein, Walter-Jörg: Maria Magdalena. Die Wahrheit über die Geliebte Jesu. Berlyn: Aufbau Taschenbuch Verlag 2006

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search